Woeker Akademie
Ons is ‘n private huiswerk en leergroep.
*Ons is klein slegs n beperkte hoeveelheid leerder.
*Ons fokus op akademie
*Ons vissie doen alles anders tot die beste vir elke leerder by Woeker. Wees soos hulle 2de huis en doen wat mammas sal doen.
Ons fokus is op gr R – Gr 3 om hulle grondslagfase saam met skole behoorlik vas te lê. Grondslagfase is hulle fondasie fase waarop jaarliks gebou word. As dit reg gevorm word kan leerder groei tot hulle potensiaal!
Leerders word opgelaai of gekry by verskeie skole. By vooraf bespreekte punte en word dan na die Woeker Akademie Lokaal vervoer. By Woeker Akademie word die nodige huiswerk, voorbereiding, onvoorbereide lees en hulp met opsommings van die vakke. Die voorbereiding vir klastoetse /eksamens word ook gedoen saam met die leerder/s.
Daar word gefokus op netheid, georganiseerheid en om snel toetse in tyd afgehandel te doen. Roetine opvolging van klaswerk word elke 2de week na gegaan en geteken. Daar word gefokus dat leerders voorbereid is vir onvoorbereide toetse wat geskryf word in klastyd. Leerders word ook geleer om vroegtydig te begin met opsommings en voorbereiding vir die eksamens.
Woeker Akademie is daar dat julle as gesin nog steeds kwaliteit tyd saam kan spandeer, en nie nog oor Huiswerk,leeswerk of leerwerk bekommerd te wees nie! Woeker Akademie is daar om die lewe vir beide ouers en kinders te vergemaklik. Woeker Akademie is daar om kinders selfstandigheid te leer en hulle voor te berei vir die lewe maar nogsteets te kan kind wees.
Woeker Akademie is klein en n beperkte aantal kinders kry die nodige onderrig, dis sodat elke leerder die nodige aandag kry wat verlang word om te help om te verbeter in hulle punte. Daar is beperkte aantal leerders wat ek neem en slegs 30word gekeur.
Die werk en verantwoordelikheid is baie meer en hoe gouer die leerders besef dat dit hul verantwoordelikheid is en om selfstandig en gemotiveer te begin studeer dan sal hulle die vrugte daarvan pluk deur beter punte te behaal. As ouer sal jy meer gemoedsrus hê en tevrede wees met beter resultate op die leerders se rapporte.
Woeker Akademie is daar tot die beskikking van leerders en vervul ‘n belangrike rol om leerders van ‘n werkende ouergemeenskap doeltreffend te ondersteun. Ons neem slegs ‘n beperkte aantal leerders sodat almal die nodige aandag kan soos hulle dit benodig.
Ons Visie
“Om altyd n verskil te maak”
- Woeker met karakters om hul potensiaal te bereik.
- Ons wil ‘n verskil maak in elke individu.
Ons Missie
“Om anders te wees en te doen”
- Om elke kind se uniekheid en karakter te bou.
- Om geleenthede vir elkeen met boustene te lê.