Ons wil die liefde van lees by u kind kweek. Ons wil seker maak dat u kind ‘n voorsprong het in lees. Om dit te verseker werk ons aan die basiese vaardighede wat die leesproses ondersteun.
Klankherkenning
Letterherkenning
Klanksamevoeging
Leesbegrip
Hier by Woeker is dit ons passie om elke kind te motiveer en te bemagtig met die leesproses sodat elkeen sy volle potensiaal kan bereik. Ons wil elkeen help om hul studiejare te geniet en die meeste daaruit te put, dit is sulke belangrike vormingsjare in elke kind se lewe.